



OMTRENT ENKOSI KAKHULU
Erica-Maria ter Hofte het die handelsmerk ‘Enkosi Kakhulu’ begin met die idée om vrouens in haar omgewing te help om werk en sodoende `n inkomste te verkry. Van die artikels wat hul maak is handsakke, voorskote en ander kombuislappies. Dit help, byvoorbeeld, dat hul kan bekostig om hul kinders skool toe te stuur.

Die mense woon almal in die Tsitsikamma gebied van Suid Afrika.
Plekke waar Ericawerksaam is sluit in Oesterbaai, Kareedouw,
Eersterivier en Hankey. Erica gebruik gekoopte materiaal vanaf Swart Bemagtigings Projekte, behalwe die gebruikte monstermateriaal wat sy
saambring vanaf Holland. Daar is ook ander gebruikte items wat
gebruik word. Dit sluit vere, blikke, platgemaakte bierbottel doppies en
handgemaakte draad produkte in. Daar is nie twee produkte wat dieselfde is nie en hul word deur verskillende mense gemaak. Erica motiveer die vrouens om hul eie verbeelding te gebruik wat materiaal kleure betref. Dit beteken dat baie verskillende produkte gemaak word. `n Produk was alreeds op sowat drie verskillende plekke, in een area, voordat dit voltooi word. Daar is vrouens wat verf, ander hekel, ander doen masjienwerk en daar is wat met krale en draad werk. Erica probeer om soveel as moontlik vrouens op te lei sodat hul `n beter bestaan kan voer.