Die Koskombuis

    Die koskombuis is begin deur Salama, `n Kleurling vrou van `n dorpie naby Humansdorp. Ek het baie groot respek vir hierdie vrou wat in haar klein huisie aan so baie kinders drie keer per week kos gee. Sy kook saam met ander vroue vir kinders wat andersins nie genoeg voedsel sou kry nie. Selfs siek kinders kom na die kombuis vir voeding. Voedsel word in plastiek borde bedien op Maandae, Woensdae en Vrydae twaalf uur.


    Skaak Klub Hoogeveen, J.van Marten, Lotte en Laura en die Dames Kring het gehelp met geld om dit moontlik te maak. Hierdie kinders kry weer iets te eet met baie min geld. Laura en Lotte van Nederland het ou speelgoed verkoop om fondse in te samel vir die kinders. Die geld gaan direk na die regte plek aangesien Erica dit self vir Salama gee en daar geen middelmanne is nie. Salama help hierdie kinders uit die sterkte van haar geloof. Ek het `n baie goeie gevoel oor die hulp wat hierdie kinders kry.